Baie welkom by die webwerf van die NG Gemeente, Witrivier.
Ons groet jou met Jesus-liefde vanuit die oase van genade.
Ons wens is dat jy in hierdie dag, egte geloof, hoop en liefde sal ervaar.
Ons wens verder dat jy dit hier in ons eie gemeente sal ervaar.
Op hierdie webwerf sal jy 'n verskeidenheid inligting en interessante feite
oor die doen en late van die gemeente teëkom.
Ons hoop dat dit vir jou tot hulp sal wees.
Ons nooi jou uit om ons te kontak indien jy nie al die inligting wat jy benodig hier kan opspoor nie.



