TICS

Afdruk PDF

tics


Dit is weer tyd vir die jaarlikse besoek vanaf TiCs. TEENS IN CHRIST.

TiCs se Nasionale Toerspan besoek ons gedurende die week van 8 TOT 15 AUGUSTUS. Die toergroep bestaan uit 14 Lede waarvan 5 dames en 9 Ouens is. En Jiaan Joubert isĀ  die Toerleier.

WAT DOEN TICS NOU EINTLIK? Hulle wil jongmense onder 20 jaar aansteek met nuwe energie, hoop en Bybelse waardes. Hulle doen dit deur hande te vat met gemeenskapsleiers. Sodoende word tienergemeenskappe in die hele Suid-Afrika betrek en getransformeer. Hulle bid saam dat God se groter droom en plan bereik sal word in ELKE individu se lewe.

DAN IS DAAR NATUURLIK OOK DIE TICS KAMP!! Die TiCs groep gaan 13 tot 15 Augustus saam met die Gr 8 - 10 groepe en die Belydenisgroep kamp op Ella Combrinck Kampterrein. Hierdie kamp saam met die TiCs lede het 'n dinamiese inpak op die tieners en almal kom Geesvervuld terug. Ons eie Selleiers maak ook die kamp mee en tree ook as leiers op. Daar is natuurlik ook nie 'n tekort aan vetpret op hierdie kamp nie! Ons tiensers weet tog nog hoe om lekker te speel!

Gedurende die oggende word twee skole deur die groep besoek. Dan word daar met kinders en Tieners deur Danse oor Aktuele Lewensvaardigheids-onderwerpe gepraat.

Daar word ook 2 aande in die week verskillende Dans- en Drama-produksies aangebied. Hierdie produksies word deur TiCs self by die skole bemark. Daar gaan 'n toegangsfooitjie gehef word vir die wat dit wil bywoon.