BREEK DEUR DIE GRENSDRADE VAN DEPRESSIE - DR JACOB VAN ZYL

Afdruk PDF

BREEK DEUR DIE GRANSDADE VAN DEPRESSIE

DR. JACOB VAN ZYL

SONDAGAAND, 18 JULIE 2010

Hierdie is 'n baie kort en eenvoudige opsomming van Dr. Jacob se kursuspraatjie gebaseer op 'n hoofstuk in sy boek Breek deur die Grens. Die boek, met volledige inligting en 'n CD, is elke aand by die praatjies beskikbaar of Antoinette kan gekontak word by (013) 751 1644. Dr. Jacob, 'n teoloog en sielkundige, het baie jare se ondervinding met allerlei toestande wat mense se vreugde steel. Een van hierdie "joy killers", en sekerlik een van die grootstes, is depressie.

Luister tog na my woorde, Here, hoor hoe ek sug.
Gee tog aandag aan my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek.

(Psalm 5:2-3)

ENKELE GEDAGTES:

1.            MEER MENSE AS WAT ONS DINK WORD DEUR DEPRESSIE GERAAK

2.            DIT IS 'N SIEKTE EN NIE 'N SKANDE NIE

3.            ELKEEN SIEN EN ERVAAR DEPRESSIE ANDERS

Daar is 'n ou gelykenis wat volgens my 'n kosbare waarheid weergee oor wat die krag van jou siening oor of perspektief op dinge in die lewe behels. Lank gelede in die dae toe setlaars na die weste van Amerika getrek het, het daar 'n wyse man op 'n heuwel buitekant 'n nedersetting in die weste gestaan. Soos wat die setlaars uit die ooste daar aangekom het, was die wyse man die eerste persoon vir wie hulle ontmoet het voordat hulle die nedersetting binnegekom het. Hulle het hom dan gretig gevra hoe die mense van die nedersetting was. Hy het hulle dan met dié vraag beantwoord: "Hoe was die mense in die dorp wat julle so pas verlaat het?" Sommige het gesê: "Die dorp waarvandaan ons kom was boos. Die mense was skinderbekke wat voordeel uit onskuldige mense trek. Dit was vol diewe en leuenaars."

Die wyse man het geantwoord: "Hierdie dorp is dieselfde as die een wat julle verlaat het." Hulle het die man bedank dat hy hulle van dieselfde probleme waaruit hulle so pas van weg getrek het, gered het. Hulle het toe verder wes getrek. Daarna het 'n ander groep setlaars gearriveer wat min of meer dieselfde vraag aan hom gevra het: "Hoe is dié dorp?"Die wyse man het weer gevra: "Hoe was die dorp waar julle vandaan kom?" Hulle het geantwoord: "Dit was wonderlik! Ons het liewe vriende gehad. Elkeen het vir mekaar se belange uitgekyk. Daar was nooit gebrek nie want almal het vir mekaar omgegee. Indien iemand 'n groot projek aangepak het, het die hele gemeenskap gehelp. Dit was 'n moeilike besluit om te trek, maar ons het gevoel ons moet plek maak vir toekomstige generasies deur as pioniers verder wes te trek." Die wyse ou man het aan hulle presies dieselfde gesê wat hy aan die ander groep gesê het: "Hierdie dorp is dieselfde as die een wat julle verlaat het."

Hierdie mense het met blydskap gereageer: "Kom ons vestig onsself hier!" Die manier waarop hulle hul verhoudings uit die verlede beskou het, was hulle uitkyk op hul toekomstige verhoudings.

4.            SIMPTOME VAN DEPRESSIE

(Ten minste drie van hierdie simptome moet vir 'n tydperk van langer as twee weke ervaar word voordat depressie gediagnoseer kan word.)

  • Depressiewe gemoed vir die grootste gedeelte van die dag, byna elke dag;
  • Verminderde belangstelling in aktiwiteite waarvoor die persoon lief was;
  • Merkbare gewigsverlies of gewigstoename;
  • Daaglikse slaaploosheid of 'n behoefte aan slaap;
  • Rusteloosheid en sosiale isolasie of onttrekking;
  • Moegheid of 'n gebrek aan energie;
  • Gevoelens van waardeloosheid of van skuld;
  • Kan nie konsentreer of besluite neem nie;
  • Herhaaldelike gedagtes van die dood of selfmoord

5.            DIE TOTALE MENS WORD DEUR DEPRESSIE GERAAK!

  • Fisiek
  • Emosioneel
  • Geestelik
  • Kognitief
  • Sosiaal

6.            DEPRESSIE HET VERSKILLENDE GESIGTE:

  • Enkel of herhalende episodes van depressie;
  • Distemiese versteuring (waar die simptome langer as twee jaar duur);
  • Depressie met 'n vroeë of laat aanvang.

7.            IN DIE BYBEL IS ELIA 'N GOEIE VOORBEELD VAN 'N PERSOON WAT DEPRESSIE ERVAAR HET TOE HY 'N DAGREIS VER DIE WOESTYN INGETREK HET.

8.            DEPRESSIE IS 'N MOEILIKE SIEKTE WAT NIE AS EENVOUDIG OF MAKLIK GENEESBAAR BESKOU MOET WORD NIE

9.            DIE CHRISTEN EN DEPRESSIE

Daar bestaan talle wanpersepsies onder Christene oor depressie. Ja, Christene kan ook depressief raak.

Die persepsie bestaan dat indien jy sterk godsdienstig is, jou skanse teen depressie soveel sterker is en dat Christene nie veronderstel is om depressief te word nie. Talle gelowiges reken dat indien 'n mens werklik 'n wedergebore Christen is, dan behoort jy deur jou geloof die aanslae van depressie en angs te kan keer voordat dit 'n probleem vir jou menswees kan vorm. Aan die een kant is dit waar dat die Christen deur God teen gevaar (in hierdie geval geestelike aanslae) beskerm word. Aan die ander kant is dit 'n gevaarlike persepsie dat Christene altyd die aanslae van depressie kan afweer, want die Christen is ook volledig 'n mens - 'n mens met 'n liggaam wat siek kan word en verskillende simptome kan ervaar, 'n mens met emosies wat kan seerkry. Dit maak enige mens in 'n meerdere of mindere mate weerloos en kwesbaar vir al hierdie dinge wat stres veroorsaak en op jou inwerk. Die Christen met die idee dat hy of sy geestelik verhewe bo depressie is, loop die gevaar om in hierdie wanopvatting ontnugter te word. Jy bly 'n mens, al is jy 'n gelowige - 'n mens wat ook verstaan wil word; wat wil praat en jou probleem wil deel; wat saam met iemand wil soek; wat saam met iemand oor jou probleem wil bid. Die woorde van Romeine 8:22-23 sluit aan by die gedagte van lewe en lyding. Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting. En nie net die skepping nie, maar ook ons wat die Gees ontvang het as die eerste gawe van God, ons sug ook. Ons sien daarna uit dat God sal bekend maak dat Hy ons as sy kinders aangeneem het: Hy sal ons van die verganklikheid bevry.

10.          ONVERGEWENSGESINDHEID SPEEL 'N GROOT ROL BY DEPRESSIE!

11.          DEPRESSIE EN ANGS

Alhoewel depressie en angs twee verskillende sake is, het ek oor jare gevind dat depressie en angs dikwels hand aan hand in die innerlike wêreld van die persoon wat daaraan ly, gaan. Dokters en professionele mense in die mediese en paramediese professies beaam hierdie verskynsel. Baie antidepressante bevat deesdae ook anti-angsmiddels.

12.          DAAR IS HULP VIR JOU PROBLEEM

  • Jy mag maar hulp soek vir jou probleem!;
  • Praat oor jou probleme;
  • Hou op om jou probleme te onderdruk;
  • Raak bewus van die verskil tussen geloof en gevoel;
  • Vind weer jou roeping in die lewe;
  • Vergewe die een wat jou kwaad aangedoen het, en vergewe jouself;
  • Liggaamlike oefening;
  • Medikasie;
  • Die GABB-tegniek in die behandeling van depressie en angs (word volledig in die boek beskryf saam met ander ontspanningstegnieke.

13.          VOORBELDE VAN POSITIEWE GEDAGTES

"Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee." (Filippense 4:13)

"En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus" (Filippense 4:7)

"My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is"

(2 Korintiërs 12:9)

Ek lewe; Ek sal Okei wees.

A psychologist was walking along a Hawaiian beach when he kicked a bottle poking up through the sand. Opening it, he was astonished to see a cloud of smoke and a genie smiling at him.
"For your kindness," the genie said, "I will grant you one wish!" The psychologist paused, laughed, and replied, "I have always wanted a road from Hawaii to California."
The genie grimaced, thought for a few minutes and said, "Listen, I'm sorry, but I can't do that! Think of all the pilings needed to hold up the highway and how long they'd have to be to reach the bottom of the ocean. Think of all the pavement. That's too much to ask." "OK," the psychologist said, not wanting to be unreasonable. "I'm a psychologist. Make me understand my patients. What makes them laugh and cry, why are they temperamental, why are they so difficult to get along with, what do they really want? Basically, teach me to understand what makes them tick!" The genie paused, and then sighed, "Did you want two lanes or four?"