STEEK DIE RIVIERE VAN STRES OOR
DR. JACOB VAN ZYL
MAANDAGAAND, 18 JULIE 2010
Hierdie is 'n baie kort en eenvoudige opsomming van Dr. Jacob se kursuspraatjie gebaseer op 'n hoofstuk in sy boek Breek deur die Grens. Die boek, met volledige inligting en 'n CD, is elke aand by die praatjies beskikbaar of Antoinette kan gekontak word by (013) 751 1644. Dr. Jacob, 'n teoloog en sielkundige, het baie jare se ondervinding met allerlei toestande wat mense se vreugde steel. Een van hierdie diewe, is stres.
Moet julle nie bekommer oor julle lewe,
oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam,
oor wat julle moet aantrek nie.
Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie?
Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie
en hulle maak nie in skure bymekaar nie.
Julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?
Jesus in Matteus 6:25-26
ENKELE GEDAGTES:
1. STRES IS GEVAARLIK VIR DIE LIGGAAM EN DIE SIEL
Stres dra by tot hartsiektes, hoe bloeddruk, hartaanvalle en ander siektes in baie individue. Stres affekteer ook die immuunsisteem wat ons van baie ander siektes moet beskerm. Stres dra ook by tot die ontwikkeling van alkoholisme, obesiteit, selfmoord, dwelmafhanklikheid, nikotienverslawing en ander skadelike gedrag.
2. DIE VERKEERDE HOUDING KAN JOU STRESVLAKKE BEDUIDEND VERHOOG
Almal ervaar stres maar die pessimiste, perfeksioniste, A tipiese persone se stresvlakke verhoog merkbaar in elke gebeurtenis wat hulle ervaar en hulle bring selfs meer stres in hulle lewens deur hulle self-saboterende denke en gedragspatrone .
3. NIE ELKEEN ERVAAR STRES OP DIESLEFDE MANIER NIE
4. DIE VERSKIL TUSSEN SPANNING EN STRES:
Spanning hou verband met 'n normale reaksie op stimuli soos sosiale konflik en ander opwindende situasies. Dit word onder meer gekenmerk deur:
- 'n toename in adrenalienafskeiding,
- verhoging van spiertonus en hartkloppings,
- gepaardgaande emosies soos opgewondenheid, rusteloosheid en angs.
Voorbeelde van spanning is:
- wanneer 'n predikant op 'n preekstoel klim om sy preek te lewer,
- 'n akteur op die verhoog gaan om sy rol te speel,
- 'n bestuurder 'n vergadering moet lei.
Dit is nie noodwendig negatief nie. Dit kan ook positief en motiverend wees. Spanning van hierdie aard en die adrenalien wat daardeur afgeskei word, kan bydra om jou fokus te verhoog in wat jy moet doen.
Stres kan beskou word as 'n sinoniem vir spanningsdruk.
Dit het te maak met al jou liggaamlike en psigiese reaksies op nadelige of onaangename stimuli (insluitend eksterne dinge in die omgewing soos lawaai en gevaar, asook interne sake soos langdurige angs, hewige emosies, bekommernis en spanning). Stres word in die algemeen gekenmerk deur 'n versteuring van balans (ewewig en stabiliteit van die liggaamsprosesse om optimale funksionering te verseker) van die liggaam en meer spesifiek deur verskynsels soos:
- Hartkloppings,
- voortdurende moegheid,
- angs,
- spanning en
- gejaagdheid.
5. STRES KAN TOT ERNSTIGE GEVALLE VAN SIEKTE EN SELFS DIE DOOD LEI
Baie van ons het minder gesonde maniere om stres te hanteer. Ongelukkig voel baie van hierdie ongesonde maniere van streshantering so goed maar oor die lang termyn skep dit eintlik net meer stres! Indien jy dalk rook, uitermatige drankverbruik, oorspandering, of ongesonde streshantering soos uitstelgedrag toepas, het jy nodig om nuwe maniere van streshantering te vind en te verstaan hoe jou huidige gedrag jou stresvlakke beïnvloed.
6. DIE OORSAKE VAN STRES
- Wyd uiteenlopend;
- Onopgeloste konflikte in jou verlede;
- Spanning tussen die ware en die ideale self;
- Sonde in jou lewe skep stres;
- Suid-Afrika se stresvolle samelewingskonteks;
- Werkstres;
- Jou strewe na materiële dinge;
- Jou drang tot plesier en genot.
7. STRESHANTERING UIT 'N SIELKUNDIGE SE OOGPUNT
- Voorkoming is beter as genesing;
- Identifiseer jou onderliggende probleem;
- Dalk tyd om iemand te gaan sien;
- Monitor en kontroleer jou denke
- Liggaamlike oefening
- Selfontspanning
- Bestuur jou stresreaksies
8. STRESHANTERING UIT 'N GEESTELIKE PERSPEKTIEF
- Bou jou verhoudings op die regte fondament
- Maak tyd vir jouself ... en God
- Sien stres as deel van die groter prentjie
- Bid in tye van stres
VERLAAT DIE WOESTYN VAN POSTTRAUMATIESE STRES
It is hard to fight an enemy who has outposts in your head.
Sally Kempton
1. WAT IS TRAUMA NOU EINTLIK?
Enige onaangename psigiese ervaring wat 'n nadelige invloed, meestal van 'n langdurige aard, op die persoonlikheidsontwikkeling het, byvoorbeeld 'n ongeluk of die dood van 'n geliefde persoon. Enige liggaamlike besering of wond.
2. WAT BEHELS POSTTRAUMATIESE STRES?
- Die trauma word herleef;
- Die persoon vermy stimuli wat met die trauma geassosieer word;
- Verhoogde opwekking.
3. DIE HANTERING VAN POSTTRAUMATIESE STRES
- Vernietig die virus;
- Praat oor jou traumatiese ondervinding;
- Rapport, empatie, warmte en onvoorwaardelike aanvaarding.
Eredienste 


