OORBRUG DIE KLOOF VAN HUWELIKSPROBLEME EN KLIM OOR DIE BERG NA 'N GESONDE GESINSLEWE - DR. JACOB VAN ZYL
OORBRUG DIE KLOOF VAN HUWELIKSPROBLEME
DR. JACOB VAN ZYL
DINSDAGAAND, 2O JULIE 2010
Hierdie is 'n baie kort en eenvoudige opsomming van Dr. Jacob se kursuspraatjie gebaseer op 'n hoofstuk in sy boek Breek deur die Grens. Die boek, met volledige inligting en 'n CD, is elke aand by die praatjies beskikbaar of Antoinette kan gekontak word by (013) 751 1644. Dr. Jacob, 'n teoloog en sielkundige, het baie jare se ondervinding met allerlei toestande wat mense se vreugde steel.
Toe sê die mens: "Hierdie keer is dit een uit myself, een soos ek.
Daarom sal sy 'vrou' genoem word; sy is uit die man geneem."
(Genesis 3:23)
"Twee vaar beter as een.
Hulle inspanning kom tot iets.
As die een val, kan die ander hom ophelp."
(Prediker 4:9-10)
ENKELE GEDAGTES:
1. HOEKOM IS DAAR SO BAIE HUWELIKSPROBLEME?
- Onuitgesorteerde innerlike konflikte;
- Blamering;
- Stres en finansies;
- Die seksuele faktor;
- Kinderopvoeding;
- Gebrekkige geestelike lewe;
- Gebrekkige huweliksvoorbereiding.
2. DAAR IS GROOT VERSKLLE TUSSEN MANS EN VROUE
- Hulle verskil in wese;
- Daar is verskille in behoeftes
- Hulle verskil ook in gemoed en kommunikasie;
- En dan natuurlik verskille in rol.
3. GESONDE KOMMUNIKASIE
- Moenie mekaar se gedagtes (probeer) lees nie;
- Geen vrae wat nie werklike vrae is nie;
- Elke deelnemer mag net namens hom- of haarself praat;
- Elke deelnemer moet sê hoe hy of sy voel pleks daarvan om waardestellings of veroordelings te maak;
- Die gesprek moet in die hier-en-nou plaasvind;
- Stuur van telegramme is verbode - slegs volledige boodskappe moet gestuur word;
- Gesprekke moet eindig in 'n voorlopige, definitiewe besluit;
- Slegs een onderwerp op 'n keer;
- Interaksies moet in kort rondtes plaasvind;
- Humor.
KLIM OOR DIE BERG NA 'N GESONDE GESINSLEWE
1. DIE SPREEKWOORD SÊ: VIER TEORIEË EN GEEN KINDERS; VIER KINDERS EN GEEN TEORIEË
2. VERAL PA'S MOET 'N KOPSKUIF MAAK
Die pa's van vandag verskil merkbaar van die pa's wat hulle as kind gehad het. Die veranderende samelewingstruktuur waarin die vrou ook werk, verander die gesinsdinamika geweldig. In die vorige geslag was daar 'n meer tradisionele opset met meeste pa's wat voltyds gewerk het, terwyl die ma's tuis met die kinders gebly het. Dit het dikwels 'n situasie met 'n relatief afwesige pa en 'n baie betrokke ma geskep. Vandag word pa's genoodsaak om meer by die huishouding en opvoeding van die kinders betrokke te wees, terwyl hy nie die rolmodel van 'n betrokke pa as kind ontvang het nie. Dit skep 'n geweldige uitdaging vir die man om 'n paradigmaskuif van onbetrokke pa na betrokke pa te maak. Wat dit vandag vir die man so moeilik maak om hierdie skuif te maak, is die afwesigheid van 'n rolmodel - veral as sy pa 'n goeie maar tradisionele, hardwerkende, afwesige pa was. Nou word daar van hom verwag om sekere funksies, take en rolle uit te voer, terwyl hy nie 'n idee het hoe om dit te benader of uit te voer nie!
3. BELANGRIKE VRAE WAT JY JOUSELF AS OUER MOET AFVRA?
1. Wil ek regtig na my kind luister?
2. Kan ek respek aan my kind toon deur hom of haar menswaardig te behandel?
3. Kan ek my kind toelaat om negatiewe emosies uit te spreek sonder dat hy hoef te vrees vir vergelding of wraak van my kant af?
4. Spreek ek positiewe emosies of komplimente vryelik teenoor my kind uit? Of ek is eerder geneig om soos meeste ander ouers slegs foute of tekortkomings uit te wys?
5. Is ek oop vir nuwe idees en bereid om teenoor my kind te erken dat ek verkeerd was?
4. BYBELSE RIGLYNE MET BETREKKING TOT DIE GESINSLEWE
Deut. 11:19
Leer dit vir jou kinders deur met hulle daaroor te praat
as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan.
Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte. Dan sal julle en julle nageslag lank, ja,
so lank as die hemel en die aarde sal bestaan, bly woon in die land wat die Here met 'n eed beloof het
om aan julle voorvaders te gee.
Spreuke 6:23
Wat ek jou voorskryf, is 'n lamp, my onderrig is 'n lig;
wie hom laat teregwys, is op pad na die lewe toe.
Efesiërs 6:1-3
Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis. 'Eer jou vader en jou moeder' is 'n baie belangrike gebod. En daar is nog 'n belofte by: 'sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op aarde.
5. HUISGODSDIENS EN HUISVERGADERINGS IS BELANGRIK
6. JY MAAK 'N VERSKIL IN JOU KIND SE BEELD VAN GOD
7. DIE VOLGENDE IS BELANGRIK AS DIT BY DISSIPLINE KOM: (VOLLEDIG IN DIE BOEK BESKIKBAAR)
- Verhouding as egpaar;
- ACT-beginsel;
- Positiewe kommunikasie;
- Versterking van positiewe gedrag;
- Uitwissing van negatiewe gedrag;
- Geloofwaardige voorbeeld as ouer;
- Natuurlike gevolge;
- Logiese gevolge;
- Pakslae?
- Keusemaking;
- Stop die horlosie / "Time out";
- Spel en ervarings.
8. MY KIND SE ONTWIKKELINGSFASE
Ongeag van watter benadering jy as ouer in die opvoeding en dissiplinering van jou kind volg, is dit van kardinale belang om die volgende ontwikkelingsfases (ontwikkel deur Erikson) waardeur elke mens gaan, in ag te neem. Tydens elke fase word 'n nuwe grens oorgesteek - 'n grens wat jy in gedagte moet hou op jou pad na 'n meer gesonder gesinslewe. Jy sal opmerk dat elke ontwikkelingsfase 'n negatiewe sowel as 'n positiewe teenpool het. Jy moet daarna streef dat jou kind sy/haar ontwikkelingsfase oorwegend met die klem op die positiewe pool afsluit. Ter wille van volledigheid, word al die fases tot by bejaardheid genoem:
-
Basiese vertroue versus wantroue (0 tot 1 jaar)
-
Outonomie versus skaamte en skuld (1 tot 3 jaar)
-
Inisiatief versus skuld (3 tot 6 jaar)
-
Industrie versus minderwaardigheid (6 tot 12 jaar)
-
Identiteit versus rolverwarring(12 tot 19 jaar)
-
Intimiteit versus isolasie (19 tot 25 jaar)
-
Generatiwiteit versus stagnasie (25 tot 50 jaar)
-
Ego-integriteit versus wanhoop (50 plus)
Eredienste 