VERSKUIF DIE GRENS EN LEEF IN DIE HIER EN DIE NOU

Afdruk PDF

VERSKUIF DIE GRENS EN LEEF IN DIE HIER EN NOU

DR. JACOB VAN ZYL

DONDERDAGAAND, 22 JULIE 2010

Hierdie is 'n baie kort en eenvoudige opsomming van Dr. Jacob se kursuspraatjie gebaseer op 'n hoofstuk in sy boek Breek deur die Grens. Die boek, met volledige inligting en 'n CD, is elke aand by die praatjies beskikbaar of Antoinette kan gekontak word by (013) 751 1644. Dr. Jacob, 'n teoloog en sielkundige, het baie jare se ondervinding met allerlei toestande wat mense se vreugde steel.

Maar ek vertrou op U, Here. U is my God, my tye is in U hand.

(Psalm 31:15-16)

ENKELE GEDAGTES:

1.            TYE VERANDER

Pre-moderne tye tot 500 nC

Middeleeue (500 nC tot 1500 nC)

Die Modernisme (1500 nC tot min of meer nou)

Postmodernisme

 

2.            POSTMODERNISME WORD GEKEN DEUR:

  • Hoe beleef ons dinge? Emosionele ervaring;
  • Netwerk alliansies - afstand van beheer;
  • Spanne;
  • Rolle wissel;
  • Bewaring is belangrik;
  • Samewerking is belangrik;
  • Verdraagsaamheid.

3.            POSTMODERNISME: DIE PERFEKTE STORM

Leonard Sweet vergelyk die tydsgees waarin die kerk en die Christen homself tans bevind met 'n perfekte storm. Die perfekte storm is waar twee of meer storms êrens ver weg oor die oseaan tegelykertyd ontmoet, bots  en saam uitwoed. Dit is dus 'n uiters uitdagende tyd vir die kerk. Indien hy nie gaan aanpas by die tydsgees nie (natuurlik sonder om kernwaarhede of beginsels prys te gee) sal die kerk nie kan oorleef nie, sy bootjie op die water hou nie.

4.         VERSKUIF DIE GRENSE: LEEF IN DIE HIER EN NOU

Die persone wat sukkel om in nuwe fases van hulle lewe aan te pas of om te transformeer, is dikwels ook die mense wat in daardie stadium nog met onafgehandelde kwessies uit die verlede of 'n vorige tydsgees sukkel wat weer en weer na die oppervlak kom. Die bagasie wat uit jou verlede kom en waaraan jy swaar dra, verhinder jou om volledig op die hede te fokus. Dit weerhou jou van 'n lewe in oorvloed.

5.         BAGASIE

In die film, The Mission, word die idee van bagasie simbolies op so 'n manier uitgebeeld dat dit die kyker diep raak. Mendoza dra swaar aan emosionele bagasie uit sy verlede. Dit word simbolies uitgebeeld met 'n bonkige sak wat hy oor sy skouer saamsleep. In hierdie sak is daar allerhande goed - onder andere die swaard waarmee hy sy broer dood gesteek het. Hy loop teen 'n steil paadjie langs die waterval in die oerwoud uit op pad na die sendingstasie waar hy sy lewe nuut wil begin. Die sak wat hy die hele tyd saamsleep en waaraan hy vasklou, verhinder hom om op hierdie pad te vorder. Elke keer val hy as vanweë die sak se gewig of hy laat die swaar sak val. Dan moet hy weer stop of 'n paar treë terug gee om die sak te gaan optel. Wanneer hy die kruin van die steil klim bereik, ontmoet hy saam met die ander sendelinge die inboorlinge wat op die sendingstasie woon. Die een hardloop spontaan met 'n mes Mendoza tegemoet, sny die tou van die sak wat hy heelpad met moeite saamgesleep het los en stoot dit oor die afgrond die diep bruisende waters in. Mendoza begin onophoudelik huil. Die plaaslike inboorlinge dink dat hy lag oor die verligting om van die sak ontslae te wees. Hulle lag heerlik saam met hom terwyl hy huil ... en terselfdertyd katarsis vind en in die proses hom losmaak van die bagasie uit sy verlede.

Baie lank daarna tel een van die klein seuntjies op die sendingstasie sy swaard onder in die rivier op en bring dit na hom toe terug. Hierdie keer gebruik hy die swaard uit sy bagasie, waarvan hy hom ten diepste nie kan losmaak nie, vir 'n nuwe doel: nie om moord te pleeg nie, maar om met geweld vir die voortbestaan van die Jesuïtiese sendingstasie wat deur die Portugese en Spaanse owerhede tot niet gemaak wil word, te veg ... tot die dood toe.

6.            DRA JY OOK SWAAR AAN BAGASIE?

Doen alles om dit af te gooi! Kry hulp as jy nie regkom nie.

7.            TYD UIT 'n GODSDIENSTIGE PERSPEKTIEF

  • Loop die pad saam met God ;
  • Moenie jou probleme oorvereenvoudig nie;
  • Onderskei tussen emosie en geloof. Moenie die twee verwar nie;
  • Die hede en die toekoms kan nie sonder die verlede nie. . Jy kan nie jou hede beleef en jou vir die toekoms posisioneer as jy nie jou verlede ook ken nie

8.            LEEF IN DIE HIER EN DIE NOU