In ons gemeente is geestelike groei en verdieping sinoniem met Ella Combrink Kampterrein. Duisende kinders en volwassenes is reeds in die afgelope bykans 40 jaar ingrypend geraak deur geestelike ervarings by Ella Combrink Kampterrein.
Dit is 'n juweel wat die Here self aan ons gegee het en wat ons met groot verantwoordelikheid en dankbaarheid teenoor Hom probeer bestuur.
Dit alles weens die visie van oom Fanie Combrink wat 'n prima deel van sy grond in 1971 aan die NG Gemeente, Witrivier oordra en na sy oorlede vrou, Ella, vernoem. Dit was nie maar 'n besigheidstransaksie nie. Hy het iets van homself gegee. So het hy byvoorbeeld self tydens kampe vroeg in die oggend die donkie gaan stook vir warm water vir die kampeerders.
Die kampterrein is geleë in 'n pragtige, skilderagtige deel van die Laeveld en dié wat 'n kamp daar bywoon, word die geleentheid gegun om te ontspan terwyl die natuurskoon geniet word.
Daar is 10 slaapkamers beskikbaar en daar kan 8 persone in elke kamer slaap. Aparte slaapfasiliteite is vir kampleiers beskikbaar. Die kombuis is ten volle toegerus en daar kan, op versoek en ekstra betaling, spyseniering gedoen word. Daar is ook 'n snoepie, swembad, vlugbalbaan en groot grasperk beskikbaar.
'n Saal en ruim lapa is beskikbaar as lesingslokale.
Die kampterrein word deur hierdie spesifieke bediening as 'n besigheid bestuur en die wins word aangewend om die terrein in stand te hou en te verbeter. Die opsigter, 'n gemeentelid, woon op die terrein en hou 'n wakende oog oor die fasiliteite.
Daar is 'n elektriese heining reg rondom die kampterrein gespan.
HOE OM BETROKKE TE RAAK
Die bediening het groot behoeftes wat, onder andere, die volgende insluit:
- Lidmate om op die bestuur van die bediening te dien en te help om 'n oog oor die kampterrein en die gebruik daarvan sowel as die finansies te hou
- Persone wat bereid is om instandhoudingswerk aan die geboue, die terrein en die pad te doen.
HOE OM DIE TERREIN TE GEBRUIK
Die Kampterrein het 'n webwerf waarvan die besonderhede hieronder verskyn. Alle besonderhede rondom bespreking verskyn daarop. Gemeentelede en omgeegroepe wat die kampterrein wil gebruik vir daguitstappies is meer as welkom. Die terreinbestuurder kan geskakel word.
KONTAKPERSONE:
| Ds. Eddie Le Roux |
082 322 3393
|
(013) 751 1136 | Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien | |||
|
Cecil Thornhill
(Terreinbestuurder /opsigter)
|
082 683 2344 |
Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien |
Besoek ook gerus ons webwerf by www.ellacombrnk.co.za of gaan kyk gerus onder ons "Skakels"-afdeling oor meer inligting oor die kampterrein.
Kliek hieronder om meer te lees oor Ella se pad.
Ella Combrink



