Ons Visie

Afdruk PDF


Ons gemeente het die volgende visie:


Om as Liggaam van Christus 'n oase te wees wat God vereer, vir mekaar omgee en mekaar versorg en in ons samelewing hulp en hoop bring.

Die drie gemeentebedienings wat direk aan die Kerkraad rapporteer, is saamgestel volgens hierdie visie:

Ons is 'n Liggaam wat God vereer deur gebed,
eredienste en die gesamentlike kwartaallikse
programme wat ons volg.

001

Ons is 'n Liggaam wat vir mekaar omgee en mekaar
onderling versorg binne kleingroepe, wyke en die
pastorale versorgingsgroep.

002

Ons is 'n Liggaam wat ons taak om die Evangelie
na ongelowiges te bring, baie ernstig opneem.
Ons bring hulp en hoop in ons samelewing deur
die armes te versorg.

003